You are here

Back to top

Dis Net Vel, My Pel! (Paperback)

Dis Net Vel, My Pel! Cover Image
$19.95
Backordered
(This book cannot be returned.)

About the Author


Dr. Nina Jablonski is 'n antropoloog en paleobioloog wie se navorsing oor die evolusie van velkleur al in talle vaktydskrifte gepubliseer is, insluitend Journal of the American Medical Association (JAMA), Nature en American Psychologist. Sy is die skrywer van verskeie boeke, insluitend Living Color: The Biological and Social Meaning of Skin Color en Skin: A Natural History. Jablonski is ook 'n gewilde TED Talks-spreker en het al as gas op programme soos The Colbert Report en Bill Nye se Science Rules!-podsending verskyn. Sy het uitgebreide ervaring in die ontwikkeling van wetenskapleerplanne vir die onderwys. Van die heel jongste leerders tot skoolverlaters het al hierby gebaat.Dr. Holly Y. McGee is 'n historikus aan die Universiteit van Cincinnati. Haar navorsing oor die verspreiding van rassisme in die moderne samelewing sluit vergelykende studies oor die Afro-Amerikaanse geskiedenis en raspolitiek in Suid-Afrika in. McGee is die skrywer van "One Day We Are Going Home" The Long Exile of Elizabeth Mafeking en is 'n stigter van die niewinsgewende National Black Teachers Association wat in die VSA gebaseer is.Karen Vermeulen (illustreerder) is 'n kunstenaar, illustreerder en onderwyser wat in Kaapstad, Suid-Afrika woon. Haar werk is opbouend en altyd tong-in-die-kies. Wanneer sy nie besig is met een of ander kreatiewe projek nie, speel sy waarskynlik met haar kat, Sir Henry. Izak de Vries (vertaler) is 'n uitgewerskonsultant wat ten nouste betrokke was by talle handboeke wat vandag in Suid-Afrikaanse skole gebruik word.

Product Details
ISBN: 9781733547499
ISBN-10: 1733547495
Publisher: Powers Squared
Publication Date: October 17th, 2023
Pages: 56
Language: Afrikaans